:waai:

Hallo daar, @ignusvermaak, @jacquesvdh, @krugazul, @eleshar 🙂
Kan jul asseblief vir my die name van die uitbreidings wat jul onlangs vertaal het deurstuur sodat ek die PTE-versoek van @feedmymedia kan oorweeg?

Lees asseblief ook die volgende:

Spesifieke Projekte

Uitbeiding- en Tema Ontwikkelaars

In kort:
Ek benodig 20 – 50 frases per rekening om die versoek te oorweeg.
Die frases moet verskillende lengtes wees. Frases wat (amper) identies is tot die oorspronklike (insluitende skakels en lande), mag aan massa-afkeuring onderwerp word, aangesien dit nie ‘n goeie aanduiding gee of die persoon Afrikaans-magtig is nie.

Dankie! Lekker dag 🙂

Net sodat ek nie tred…

Net sodat ek nie tred verloor met die versoeke nie: https://make.wordpress.org/polyglots/2020/07/14/pte-request-for-lightspeed-wordpress-development-teams-plugins/

Hallo, @webiroo! Ek het opgelet…

Hallo, @webiroo!
Ek het opgelet dat daar nog vyf frases wag wat jul vir Yoast vertaal het.
Laat weet my asseblief as jy nog belangstel in daardie projek, dat ons kan bespreek hoe ons jul kan help om weer by vertaling betrokke te raak.
Groete!

Hallo, @webwerf24! Ek sien dat…

Hallo, @webwerf24!
Ek sien dat daar nog sewe frases wag wat jul vir Yoast vertaal het.
Stel jul dalk nog belang om by te dra tot daardie projek?
Laat weet my asseblief sodat ons kan bespreek of daar enige iets is wat ons kan doen om jul te help, as jul weer betrokke wil raak.
Groete!

Hallo, @kriswcis! Ek sien dat…

Hallo, @kriswcis!
Ek sien dat daar nog 13 frases wag wat jy vir Yoast vertaal het.
Kan jy my asseblief laat weet of jy nog in daardie projek belangstel?
Indien wel, laat weet my asseblief dat ek jou kan help om ‘n PTE-versoek in te dien. Dit beteken dat jy self jou eie frases sal kan goedkeur.
Lekker dag!

Hallo, @krugertd! Ek sien dat…

Hallo, @krugertd!
Ek sien dat daar nog 21 frases wag wat jy vir Yoast vertaal het.
Ons wil graag probeer om die frases wat wag om nagesien te word te verminder.
Kan jy my asseblief laat weet of jy nog in daardie projek belangstel?

Hallo, @marioluiji168! Ek sien dat…

Hallo, @marioluiji168!
Ek sien dat daar nog 68 frases wag wat jy vir die Newspaperss-tema vertaal het.
Ek is jammer dat iemand nog nie daarby uitgekom het om daarna te kyk nie.
Kan jy my asseblief laat weet of jy steeds in daardie projek / Afrikaanse vertaling belangstel?
Dankie!

Hallo, @feedmymedia! Ek sien dat…

Hallo, @feedmymedia!
Ek sien dat daar nog 70 frases is wat wag wat jy vir LSX Search na Afrikaans vertaal het, sowel as frases vir ander projekte.
Kan jy my asseblief laat weet of jy nog in daardie projek / in vertaling belangstel?
Dankie!

Naskrif: Ek waardeer dit baie dat jy die dubbel-kolletjie op die “i” onthou het. 😀

Hallo, @gerhard221! Dit sien daar…

Hallo, @gerhard221!
Dit sien daar is nog 115 frases wat wag om nagesien te word wat jy vir MyBookTable na Afrikaans vertaal het.
Kan jy my asseblief laat weet of jy nog in daardie projek belangstel?
Ek sal graag met jou wil gesels om te kyk of daar ‘n manier is om jou te help om weer tot daardie projek, of ander projekte waarin jy belangstel, by te dra.
Lekker dag!

Hallo, @themeinwp! Ek sien daar…

Hallo, @themeinwp!
Ek sien daar wag nog 93 frases wat jy vir die Jumla-tema vertaal het.
Kan jy my asseblief laat weet of jy nog in daardie projek belangstel?
Baie dankie!