BEDERF JOUSELF,
JOU ROWWE BLIKSEM

BEDERF JOUSELF,
JOU ROWWE BLIKSEM

JY IS ‘N MAN

Jy klim berge en jy brandmerk beeste. Jy vang vis met dinamiet en jy drink bier uit ‘n gedroogde ratel skrotum. Jy jag en maak vuur en moor inbrekers met jou kaal hande. Jy is lief vir drie dinge; jou ma, jou bakkie en jou baard. Daarom koop jy sjokolade vir jou ma, diesel vir jou bakkie en Buffelsfontein Baard-olie vir jou baard.

Ons olie sal jou baard so majestueus laat lyk, dat leeus in die wildtuin sal ween van jaloesie. Tawwe Tienies se onderlippe sal begin bewe as jy verbystap. Tengerige tieners sal hulle rugbybroekies natmaak as jy praat. Astertjies sal bloos as jou ken-kuif in die wind wapper. Jou vorstelikheid sal die volke verstom.

HOE OM:

DIE BAARD-OLIE AAN TE WEND

Afhangend van die lengte van jou baard, drup ‘n kwart tot vol pipet olie indie palm van jou hand. Smeer dit bo-oor jou baard en werk die olie in metdie doel om by die vel uit te kom. Borsel jou baard uit, staan terug en bewonder jou kenkuif.

DIE RSM AAN TE WEND

Skraap ‘n 50 sent grootte balsem af met die bokant van jou duimnael. Deel die balsem tussen jou twee palms en smelt dit so effens deur jou palms teen mekaar te vryf. Smeer dit oor jou baard en kam deur.

DIE SNORSALF AAN TE WEND

Skraap ‘n 10 sent grootte salf af met die bokant van jou duimnael. Deel die salf tussen jou twee duime en smelt dit so effens deur dit te vryf tussen jou wysvinger en duim. Smeer dit nou van die middel van jou snor kante toe, kam uit en score. Want as jy nie snor nie, sal jy nie score nie.